Nuusbrief
Nuusbrief


2009-11-02
Nuusbrief November 2009


MupSA het weereens �n uitstekende vertoning bestuur in die Strand. Twee talentvolle orkeste, July Morning en Vita Nuova het die aand geruk met hul musiek. Die voorprogram is deur verskeie opkomende kunstenaars van Hoërskool Strand gedoen. Die talent is goed. Daar was verskeie dansgroepe wat die aand in die regte stemming gebring het.  Hierdie jong mense kan dans. Quest se danspassies, wat �n storie vertel, was uitstekend gedoen. Die paar komediante het gesorg dat die trane rol van al die gelag.

Die Hoof Uitvoerende Beampte het sy kuitspier geskeur en daar was �n noodoperasie op hom net na die vertoning. Wie het gesê om te bloei vir die musiek is nie waar nie? Al die pyn en leiding was aan die einde die moeite werd. Sterkte met die herstel proses!

Die Dolce Chix het hul Demo CD klaar opgeneem. Die opname en musiek is van die beste gehalte, weereens is daar besef dat met die regte ondersteuningspersoneel niks onmoontlik is nie. Kyk uit vir wanneer die Chix optree. Hier kom �n ding!!!

Indien enige iemand belangstel om vir ons liedjies te skryf moet hul asseblief met Telani kontak maak. Die liedjie skrywer sal al die nodige erkenning kry en MupSA sal seker maak dat dit ook so geregistereer word by al die nodige instansies. Kontak ons gerus indien jy dink jy het die talent! Hoekom dit begrawe?

MupSA is daar om die jong kunstenaar te ondersteun. Hetsy dit sang, musiek, optrede en/of liedjieskryf is, is ons daar om jou �n kans te gee.

Geniet al die feeste en hou Afrikaans hoog!!!

 

Nico Human