Nuusbrief
Nuusbrief


2009-03-06
Nuusbrief Maart 2009



Welkom terug by MupSA se webblad. Die jaar is nou vinnig besig om spoed op te tel...

Die Roxette-tribute is een van MupSA se produksies waar daar reeds ‘n geruime tyd aan gewerk word. “Let’s do the Joyride” met die volle ondersteuning van Roxette-bestuur, gaan die lig sien. Oudisies is nou oop, is jy dalk ‘n Marie? Of Per? Of dink jy jy kan dalk iets anders doen? - kontak ons vir jou oudisie!!!

Nou van ‘n ligte trant na ‘n meer ernstige trant...

MupSA wil die volgende onder die aandag bring van elke leser en as dit kan versprei tot verder as net die leser van hierdie nuusbrief sal dit nog meer deur MupSA waardeer word, want dit word as ernstig deur MupSA beskou. MupSA doen vertonings vir kliënte en die produksie word deur MupSA gekoördineer van begin tot einde. Hiermee wil MupSA onder almal se aandag bring dat die koördinering van ‘n vertoning, ‘n tydsfaktor het. Hiermee wil ek probeer sê - dat baie tyd, letterlik en figuurlik, bestee word. Ure der ure, weke der weke, maande der maande se tyd gaan in die koördinering van ‘n vertoning.

Dus wil MupSA vra dat elke kliënt asseblief te alle tye intergriteit en lojaliteit moet behou teenoor die koördineringsmaatskappy wat hy as kliënt genader het en aangestel het om die vertoning te koördineer.

Nou wat beteken hierdie paragraaf? Dit beteken sonder om doekies om te draai die volgende:

MOENIE MupSA misbruik om al hierdie ure der ure, weke der weke en maande der maande se werk en se idees te kry - selfs besprekingsvorms te teken en op hierdie besprekingsvorms te onderneem om 50% te betaal (indien die vertoning gekanselleer word) en boonop telefonies sowel as per e-pos bevestig dat die vertoning voortgaan en dat daar nou nog net met die borge onderhandel moet word oor die inbetaling van die deposito in MupSA se bankrekening nie, en boonop met hierdie veronderstelling MupSA vir nog meer inligting vra om die vertoningsprentjie heeltemal ingekleur te kry.

Integriteits-, lojaliteits- en baie belangrik ‘n vertrouensverhouding is beslis die belangrikste fondamente waarop MupSA sy besigheid bou. Vandaar dat MupSA inligting (meer as wat nodig is) gee aan ‘n kliënt (terwyl beloftes gemaak is dat die deposito oppad is) - jammer dat hierdie vertrouensverhouding deur net ‘n sekere hoeveelheid mense uitgebuit word en maak dat almal onder dieselfde kam geskeer word (skuldig of onskuldig). Dis jammer dat ‘n paar vrot appels in die kas dinge van iets moois iets leliks maak.

Verder wil MupSA ook onder elkeen se aandag bring dat in die musiekwêreld die -mense met mekaar praat en glo dit of nie, mekaar deur en deur bystaan. Dit wat uitsonderlik uitstaan, is dat die musiekbedryf al so bitterlik moeg is vir mense wat die bedryf misbruik tot hul eie voordeel en dat die musiekwêreld die onderspit elke keer moet afbyt. En GELUKKIGmet
die ope verhoudings wat in die vermaaklikheidswêreld is en die verhouding wat MupSA in die vermaaklikheidswêreld het - weet almal in die vermaaklikheidswêreld dus wie hul skuldig maak aan hierdie onprofessionele gedrag!!!

MupSA glo vas dat ons saam moet werk as “TROTS SUID-AFRIKAANS” en meer nog “TROTS AFRIKAANS” met mekaar en nie TEEN mekaar nie. As ons TEEN mekaar werk hoe kan dit ooit “TROTS SUID-AFRIKAANS” en nog meer “TROTS AFRIKAANS” wees? Dit is ‘n vraag aan al dié wat die musiekwêreld uitbuit - gaan sit en dink maar.

Hiermee wil MupSA ook vra dat almal wat hiermee saamstem dat hierdie “uitbuiters” ontbloot moet word en dat hierdie tipe van “NIE-TROTS SUID-AFRIKAANS” en “NIE-TROTS AFRIKAANS” dus nie vir ons as “TROTS SUID-AFRIKAANS” en “TROTS AFRIKAANS” aanvaarbaar is nie - stuur jou e-pos waar jy met ons moet deel oor jou gevoelens onder die opskrif” ‘UITBUITERS IN DIE MUSIEKBEDRYF”. Ons hoor graag van julle!

Hierdie skrywe sluit uit die benadeling van regte en alles op skrif in hierdie nuusbrief is beskikbaar by MupSA-kantoor ter bewyse van uitbuiting van die “VROT APPELS” in die kas.

Nou weer op ligter trant:


Sonè, Coba, Sanli en Jeanè, vier meisies wat in kort die Dolcè Chix genoem word. Die stemme en harmonië is uit die boonste rakke! Die Dolcè Chix is tans besig met intensiewe oefening met liedjies wat lewendig is. Hou die Dolcè Chix dop, hulle gaan beslis groot gaan!!!

Bennette is MupSA se nuutste manlike kunstenaar. Diè man gaan groter en sterker word as sy teenstaanders in die musiekbedryf.

Alle bogenoemde kunstenaars gaan ‘n sekere spasie in die musiekbedryf vul. Ons is nie kompetisie nie, sê hulle, ons maak die mark interresant. Die boks is oopgemaak, die kante is plat gevou en ons visie is vergroot - HOU DOP EN LUISTER!!!

Voor ek afsluit: Onthou moontlike Roxette - kom vir jou oudisie!!!

MupSA-groete