Nuusbrief
Nuusbrief


2009-07-02
Nuusbrief Julie 2009


Nuusbrief Winter 2009

Ná harde werk en baie pogings kon MupSA, as gevolg van die huidige ekonomiese klimaat, géén borge kry om ons te ondersteun met die MupSA Musiekfees vir 2009 nie. Ons almal is bewus van die ekonomie en hoe dit ons almal raak. Met die stygende brandstofpryse, mense wat werkloos raak ens, ens, wéét ek en jy dat dit dié tyd is om ons rieme dun te sny.

Jammer, namens die MupSA bestuur! Maar goeie nuus: - MupSA het besluit dat ons volgende jaar 2010 nét voor die afskop van die wereldbeker sokker die grootste afrikaanse musiekfees ooit gaan hou!!! Ons gaan 20 laerskole en 20 hoërskole weereens die kans gee om deel te neem. Alle skole in die Gauteng Provinsie is welkom om deel te neem.

Ons gaan weer die opkomende kunstenaars die kans gee om deel te neem. Maksimum van 15 opkomende kunstenaars. Indien jy in die kategorie val, kontak ons vir die deelname. Die professionele kunstenaars gaan elkeen 20 minute kry om op te tree. Ons is besig om verskeie kunstenaars uit te nooi vir die lekkerste en grootste partytjie in die Suidelike halfrond. Indien jy nie 'n epos gekry het nie en jy voel jy wil deel wees, kontak ons asseblief!

Ons eie Dolcé Chix is besig met verskeie opleidingssessies om voor te berei vir 2010. Volgens beplanning word hul demo CD in Augustus opgeneem. Intussen word daar gewerk aan verskeie musiekstukke, wat deur myself geskryf is, en beloof om 'n belewenis te wees wat verseker nie misgeloop moet en mag word nie. Ons beweeg deur al die grense heen en die “box” se kante word platgeslaan en dit gaan 'n hele paradigma verskuiwing wees in die musiekmark. Kyk uit daarvoor en ek sê weer: moet dit nie misloop nie!!!

“Lets do the Joyride” gaan ook voort, maar om die regte hoofkunstenaars te kry is baie moelik. Kontak ons as jy weet wát jy kan doen en of ons dit moet hoor wat jy kan doen. Dit is nou alle liedjies van Roxette wat wêreldwyd bekend is. Moenie skaam wees nie en kontak ons so gou moontlik.

Daar is alreeds 17 musiekfeeste wat afgestel of verkort is na 1 dag in die jaar. Ek is bekommerd dat daar nog steeds nie genoeg gedoen word vir ons jong kunstenaars nie. Die opkomende kunstenaar word totaal uitgebuit om verhoë vol te maak teen geen inkomste nie. Dit veroorsaak dat die talente nie ontwikkel word nie. Maar aan die ander kant is daar soveel kunstenaars in die land wat die mark oorvol kan maak, as jy die resensies lees wat die media skryf hardloop ek ook weg.

Daar is verseker te veel kunstenaars wat klink soos “klone” van die bestaande groot kunstenaars. My wenk aan jou is om jouself te bly en natuurlik te wees in jou musiek en optrede. Goue reël is: BLY NET JOUSELF!!! Dit is en was nog altyd ‘n wenresep!!!

Aan al die musiek-mense, hetsy dit nou sang, musikante, klank en ander tegniese personeel sterkte vir die jaar wat in die ander helfte van 2009 is.

Nico Human