Nuusbrief
Nuusbrief


2008-11-19
Nuusbrief Desember 2008


Nog 'n paar wekies dan vier ons Kersfees! Waar het 2008 heen verdwyn? Maar ons gaan 2009 met 'n knal begroet, wat 'n jaar om in te gaan! MupSA Vermaaklikheid het in 2008 gegroei bo alle verwagting. Met 22 vertonings by van die grootste skole tot die skole wat klein is. Ons eerste MupSA fees met 80 kunstenaars is afgehandel. Beplanning vir 2009 is op die tafel en in produksie.

Vir Die Grootste Afrikaanse Treffer Musiekfees 2009, het ons soveel navraag gekry, dat die bestuursspan besluit het om die totaal van 30 skole op te skuif na 40 skole. Skole in die platteland en omgewing van Pretoria is welkom om in te skryf. In 2009 plaas MupSA geen verpligting op die skool en sy personeel om kaartjies en bemarking te doen nie. Slegs een deelnemer per skool word toegelaat. Daar is ongelukkig hierdie keer geen ope afdeling nie. Indien die skool die kind wil bemark, kan MupSA gekontak word en ons sal help waar ons kan met die bemarking.

MupSA is besig met die GATVOL Rock fees, wat die 25ste April 2009 gehou gaan word by De Haven Oost (net buite Pretoria). Daar gaan 'n paar groot bands wees, soos Parlotones, Straatligkinders, Aking, Prime Circle en Fokofpolisiekar. Ongelukkig mag daar geen onder 18's wees nie…so reel vroegtydig met die bure, familie ens. as jy kinders het en kom geniet die dag saam met ons!

Met ons nuwe webblad kan ons kunstenaars bemark, en op die stadium, gratis ook! As jy 'n agent is en wil he ons moet jou kunstenaars bemark, of as jy 'n kunstenaar wil bespreek, maar eers wil hoor hoe hy/sy klink, skakel Telani vir meer inligting!

Kom ons werk daaraan om ons taal, Afrikaans, groot te hou en uit te brei dat alle mense kan sien dat ons taal nie vergaan nie maar sterker word.

Alle jong kunstenaars wat dink hulle wil 'n ster wees is welkom om ons te kontak of hulle cd's aan te stuur. Ons luister na elkeen en sal die kunstenaar verseker kontak om terugvoering te gee.

Onthou ons soek die superster van alle supersterre om die mark te neem in 2018.

Laastens wil MupSA vir Brumilda van Rensburg welkom heet by die MupSA span. Brumilda is MupSA se beskermdame. Die vrou is Afrikaans soos die sonskyn. Dit is vir MupSA 'n geweldige voorreg om haar by ons span te hê. Die wat nie weet wie Brumilda is nie, sy vertolk die rol van Louwna in Egoli, die Afrikaanse sepie wat die langste wys op ons tv's. Besoek haar webwerf by //www.brumilda.co.za

MupSA ondersteun alle ander tale ook, maar ons primêre taal is en bly Afrikaans. As jy Grieks, Latyns, Hebreeus of watter ander taal praat en jy is lief vir Afrikaans, is jy die Dawid na ons hart.

Geniet die laaste van 2008. Geseende Kersfees en 'n voorspoedige 2009 word elke besoeker toegewens.

MupSA-groete