Nuusbrief
Nuusbrief


2009-01-07
Nuusbrief Januarie 2009


2009… 'n Nuwe jaar met nuwe uitdagings. 2008 was vir MupSA en sy personeel die jaar waar ons baie dinge geleer en gedoen het.

Hierdie jaar werk ons hard om ons kunstenaars die maksimum blootstelling te gee. Ons kyk na TV optredes, artikels in tydskrifte, musiekvideos op MK, Kwela, Fiesta en Ontbytsake. Ons wil ook he dat ons kunstenaars se musiek op die radiostasies se musieklyste moet verskyn vir speeltyd op lug.

Van ons kunstenaars gaan ook hierdie jaar nuwe CD's maak, asook musiekvideo's.

Indien daar enige kunstenaar, hetsy profesioneel of opkomend is wat ons GRATIS kan adverteer, is hulle welkom om ons te kontak. Dit is vir MupSA 'n voorreg om deel te wees om ons Afrikaanse kultuur uit te brei om sterker te word.

Almal weet dat Shine 4 opgebreek het. Hulle was uiters suksesvol en het die gehore aan die brand gesing. MupSA soek die volgende meisiegroep. Indien julle kans sien vir die uitdaging, kontak ons.

Mag 2009 die jaar wees wat alle kulture met musiek die land aan die brand sing.

MupSA-groete