Search:
  JOIN OUR MAILING LIST
Bookmark and Share


MupSA Aankondiging!!!

MupSA MupSA MupSA


Kyk gerus vir MupSA se kunstenaars by die feeste van 2010! 

Indien jy 'n opkomende kunstenaar is, stuur jou inligting en navrae 

na susan@mupsa.co.za en ons sal jou help! 

 

Indien jy 'n Demo CD/Vol CD wil laat opneem, 'n Portefeulje benodig, 

of professionele foto's wil laat neem, ons het die beste kontakte!

 

Ons reël feeste, skole se kultuur-weke, en 

enige iets wat met musiek te doen het! Indien jy 

'n konferensie hou en jy benodig toerusting, kontak 

ons nou!


Vir meer inligting, skakel Susan (083 287 3568).

 
Meer oor MupSA
Meer oor MupSA Photo 1 - small

Na Die Grootste Afrikaanse Treffer Musiekfees 2008 wat MupSA aangebied het, was daar Die Gemsbokfees by Laerskool Menlopark met Steve Hofmeyr as die hoofkunstenaar. Van MupSA se jong kunstenaars het die hele middag opgetree om die feestelike geleentheid in die regte gees te kry. Dit was 'n groot sukses sonder enige negatiewe terugvoer.

Die Kransklopfees in La Montagne met NKD as hoofkunstenaars, was MupSA daar as Tegniese Bestuurders. NKD is 'n groep wat gerus dopgehou kan word in die toekoms!

MupSA se planne vir 2010 is reeds op die bord. Ons beplan die volgende feeste:


1.) Familie Musiekfees met jong opkomende kunstenaars, sowel as bekende kunstenaars. Die fees gaan oor 'n naweek wees vanaf die Donderdag tot die Sondag. Meer besonderhede later.

2.)Die Obsessie toer. Ons beplan om dorpe in Mpumalanga, Limpopo en Kwazulu-Natal te besoek. Meer besonderhede later.

3.)Die Roxette Tribute is op die tafel. Om die regte kunstenaars te kry om die rol te speel, bly 'n probleem. Indien jy dink jy is Mariè of Pèr van Roxette, kontak ons asseblief of e-pos al jou inligting deur na telani@mupsa.co.za
Meer oor MupSA Photo 2 - large .
MupSA beskik nou oor klank en opname ateljees. Kontak ons kantore gerus vir meer besonderhede. En as jy 'n baie goeie fotograaf soek vir 'n fotosessie, ons het een!

As jy enige van ons kunstenaars wil gebruik, kontak ons. MupSA is jou eenstop musiek/promoter/bemarker vir watter funksie jy ookal wil beplan. Onthou ons doen die beplanning vanaf die kunstenaar, verhoog, ligte, klank, voorprogram, sekuriteit ens ens.

MupSA het ook 'n Fees-kalender, besoek dit gerus om te sien watter feeste waar is en ook wanneer. As jy jou fees op ons kalender wil ophê, e-mail Telani met al die inligting.

MupSA-groete




       
You Tube
Carnival City
Facebook
Kosmos Kunstefees
       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Kwikwap - info@kwikwap.co.za / 0128093732 Besoekers tot datum: 172144 Webwerf bestuur deur klient