Musikale Produksies SA
of kort genoem MupSA is ‘n
vermaaklikheidsmaatskappy wat vermaak met alle
bykomstighede kan verskaf teen bekostigbare pryse!
MupSA het baie navrae gekry vanaf Opkomende Kunstenaars om hul te help om
op te tree en het toe ’n diepte-ondersoek gedoen en die uitslag was die volgende:
Opkomende Kunstenaars het nie altyd die platform om te kan optree nie en
daar is besluit om vir die Opkomende Kunstenaars ‘n platform te skep,
waar hulle (steeds professioneel) kan optree. Die Opkomende Kunstenaars wat
op ons webblad verskyn hoef vir geen treeterug te staan vir enige optrede nie.
Verder was MupSA ook die stigter van die GROOTSTE Afrikaanse Musiekfees
wat gehou is met 80 kunstenaars (Professioneel sowel as Opkomend).
Daar was 116 Afrikaanse liedjies gesing en nie een liedjie is gedurende
hierdie fees herhaal nie! Daar is gebruik gemaak van 3 seremoniemeesters
nl. BrÜmilda van Rensburg (Egoli-ster), Brigette Willers (FHM Model) en
Nico Human (Musiekregiseur). Daar is gesing, gesing en nogmaals gesing!
Die terugvoer was enorm!
MupSA se hoofbedryfsareas is:
Musiekproduksies, Korporatiewe produksies
Eindjaar-funksies, Troues, ens
Talentaande, ens
Kunstenaarsbestuur
Verskaffing van klank vir optredes (bv feeste, talentaande ens)
MupSA nooi u uit om ons te kontak indien u meer sou wou weet rakende ons dienste.
MupSA - Musiek, Uitmuntende Produksies en Sang vir Almal!