Search:
  JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-pos
     
  Sel nr
     
Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie
  1 plus 3 + 9 = ?
 
Bookmark and Share
Soek     Exact Match


Ursula


Ursula is ‘n baie spontane en sprankelende girl van Ellisras, in die hartjie van die bosveld. Sy is ‘n gebore Bosvelder, sing al van haar Hoërskool jare af en het geweldig gegroei tot nou.

“My eerste liefde is Afrikaanse musiek. Ek het begin sing op  die  ouderdom van 15, het al deelgeneem aan die Afrikaanse weergawe van Idols (waar ek deur gedring het na die Top 100 op die ouderdom van 16) en het ook aan altwee Super Sterre deelgeneem (daar het ek elke keer deur gedring het na die Top 100).

Ek het verskeie Corporate Functions gedoen vir Eskom, soos die Eskom Sport dag by Centurion Super Sport Park voor 15 000 mense (waar ek die eer gehad het om die dag te open met die volkslied), Matimba Kragstasie vir Nosa Toekennings Funksies, sowel as die Eskom Family Fun Day.

In 2007 het ek die Limpopo Waterberg Idols gewen en die sangeres, Nàdine, was baie beindruk met my. Ek was diè jaar by die KKNK en het ook ‘n paar suksesvolle vertonings daar gehad.

Ek het onlangs David Gresham se Sang Kompetisie gewen in Rustenburg, en nog ‘n hoogtepunt is toe Pieter Smith  my onlangs genooi het om saam met hom by Firkins in Centurion op te tree (wat `n groot stap is vir my loopbaan). Ek het al voorskoue gehou vir die volgende kunstenaars:

Karen Ferreira

Rudi Muller & Wynand Strydom

Shine 4

Pieter Smith

Robbie Wessels

Dozi

Denim

Lianie May

Karlien Husselman

Ek tree by verskeie feeste op en sien uit om meer van Suid-Afrika te sien in die toekoms. Ek is ook verskriklik dankbaar aan GOD vir die gawe wat hy vir my gegee het en dat ek dit met ander kan deel en ek vertrou op Hom die hele pad.

 

       
Twitter
You Tube
Carnival City
Facebook
       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Kwikwap


Besoekers tot datum: 344 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap