Henri is gebore in Vryheid Natal. Hy het
groot geword op ‘n plaas in Dundee saam met sy
jonger suster en hul ouers waar hulle vir 10 jaar woonagtig was.
Daar was baie diere op die plaas, beeste, skape, eende en
ganse onder andere. Die diere was dikwels vir Henri “op die vroeë ouderdom van
4 jaar” ‘n gehoor vir sy sang wat hy op ‘n verhoog van hout planke vertoon het.
Henri het van jongs af belang gestel in musiek en gereeld na
plate van Jim Reeves en ander kunstenaars geluister. Hy het later ‘n kitaar in
sy pa se buitekamer ontdek en lesse begin neem op die ouderdom van 7 jaar. Van
die eerste liedjies wat hy leer speel het was Suikerbos, Stille Nag en
Bobbejaan klim die berg. Red river rosie was
die eerste liedjie wat hy afgeskryf het en self die begeleiding bygevoeg het.
Dit was toe alreeds ‘n passie vir hom om sy versameling van liedjies uit te
brei en te oefen. In graad 6 het Henri begin belangstel in heuning bye en sy pa
later oortuig om hom te ondersteun in ‘n byeboerdery wat ‘n groot sukses was.
Sy ouers het verhuis na Boksburg en hy het sy hoërskool
loopbaan begin as lid van die Drakensberg Seunskoor. Hy was 2 jaar lank ‘n
leerling van die skool. In Graad 10 het hy aangesluit by ‘n tegniese hoerskool
en het deelgeneem aan die Oosrandse Jeugkoor. Hy het op reis gegaan saam met
die koor na Israel
in 1986 om deel te neem aan die Zimraya Koorfees.
Na sy skoolloopbaan was hy ‘n jaar lank deel van die
weermag. Hy het basiese opleiding gehad in 7SAI Phalaborwa waarna hy oorgeplaas
is na leergimnasium Heidelberg (TVL) vir Junior Leiers Opleiding. Daar het hy
‘n Instrukteur Korporaal geword en in 1991 uitgeklaar te 5 Sein Wonderboom. Sy
musiek was deurentyd vir hom ‘n tydverdryf.
Na sy uitklaring het Henri vir ‘n paar jaar by ‘n
kontrakteurs maatskappy gewerk en sy kennis oor slikdamme so uitgebrei dat hy
later vir ‘n raadgewende maatskappy gaan werk het. Hy het plekke soos Kenya, Ghana,
Lesotho, Botswana, Guinee en Tanzanie
besoek.
Augustus 2007 het Henri sy debuut album vrygestel. Hy het Oktober
2007 voltyds op sy musiekloopbaan begin konsentreer en die bemarking van sy
debuut album “Walk through this world with me” op eie hande geneem.
As Henri nie besig is
met optrede beplanning nie spandeer hy sy tyd om deur tot deur bemarking te
doen.
“Baie dankie aan almal wat belę
het in my CD,
mag die musiek vir julle vreugde
verskaf”.
Henri se ikoon tans is Allan Ladd, alhoewel sy eie musiek
styl nie tot country beperk is nie. Henri se droom is om top country sanger status
in SA te bereik… en hoop om dit binnekort te bereik!!!