Frieda het vyf jaar gelede begin met haar
sangloopbaan. Sy het deelgeneem aan
Afrikaanse Idols wat vier jaar terug geskied het. Frieda het ook aan Supersterre deelgeneem en
het uitgeval onder die top honderd en sewe van drie duisend mense. Sy het al vele kere opgetree saam met bekende
kunstenaars, onder andere Ray Dylan wat gereeld by Outlaws in Parys
optree. Sy’t al saam met Zak van
Niekerk, Robbie Klay, Lance James en Bobby Angel ook opgetree en Bok van Blerk
se voorskou gedoen by Outlaws in Parys.
Frieda het al saam met Clive Bruce opgetree by Rapid
Waters (Skandinawie Drif Hotel). Sy het nou drie maande saam met Shane in die
Kaap getoer waar hulle by baie plekke opgetree het, hulle was ook in Oos Londen
by die Highgate Hotel, in Kidd’s Beach by die Barn, in Bellville by Cheers Jazz
Pub, by Cheers in Bothasig. Hulle het
ook opgetree by Gophers in Goodwood. Deur
die toer was sy in Gansbaai by die Saloon en hulle het die oujaarsdans vir die
Saloon saam met Leon Carstens gedoen.
Frieda en Shane het opgetree by Grietjie se Gat in
Grabouw asook by die Waenhuis in B- Bos en nog vele meer. Daarby het hulle ‘n draai in Durban gaan maak
waar hulle in die week wat hulle daar was by venues soos Frosties in Hillary
vertonings gedoen het, The Office in Amanzimtoti en vele meer.
Sy het haar eerste CD uit maar dit is net by die vertonings beskikbaar.