Soek    

Frieda



Frieda het vyf jaar gelede begin met haar sangloopbaan.  Sy het deelgeneem aan Afrikaanse Idols wat vier jaar terug geskied het.  Frieda het ook aan Supersterre deelgeneem en het uitgeval onder die top honderd en sewe van drie duisend mense.  Sy het al vele kere opgetree saam met bekende kunstenaars, onder andere Ray Dylan wat gereeld by Outlaws in Parys optree.  Sy�t al saam met Zak van Niekerk, Robbie Klay, Lance James en Bobby Angel ook opgetree en Bok van Blerk se voorskou gedoen by Outlaws in Parys. 

Frieda het al saam met Clive Bruce opgetree by Rapid Waters  (Skandinawie Drif Hotel).  Sy het nou drie maande saam met Shane in die Kaap getoer waar hulle by baie plekke opgetree het, hulle was ook in Oos Londen by die Highgate Hotel, in Kidd�s Beach by die Barn, in Bellville by Cheers Jazz Pub, by Cheers in Bothasig.  Hulle het ook opgetree by Gophers in Goodwood.  Deur die toer was sy in Gansbaai by die Saloon en hulle het die oujaarsdans vir die Saloon saam met Leon Carstens gedoen.

Frieda en Shane het opgetree by Grietjie se Gat in Grabouw asook by die Waenhuis in B- Bos en nog vele meer.  Daarby het hulle �n draai in Durban gaan maak waar hulle in die week wat hulle daar was by venues soos Frosties in Hillary vertonings gedoen het, The Office in Amanzimtoti  en vele meer.  Sy het haar eerste CD uit maar dit is net by die vertonings beskikbaar.