Hey, ek is
Inge, 22 jaar oud, ek kom oorspronklik van die
Kaap, maar bly tans in Pretoria,
al vir amper 2 jaar.
Ek het
sanglesse begin neem toe ek 17 was. Ek het al by verskeie plekke gesing:
2005
-
Sing by sangskool funksies, (Durbanville Kunskafee)
Hartenbos Strandverhoog
2006
-
Neem deel aan revue, Hoërskool Brackenfell
Sing by Mej Trompoppie, Hoërskool Brackenfell
Hartenbos Strandverhoog
2007
-
Ou Meul teater (Paarl)
Vlakvarkgat (Langebaan)
Gholfdag (Lambertsbaai)
Durbanville Kinderhuis
Gesinsfees (Kraaifontein)
De Oude Meul (Knysna)
Jannies Tavern (Brackenfell)
2008 - HTS Drostdy Musiekfees (Worcester)
KKNK (ATKV verhoog)
Ek het elke naweek by pubs gesing, onder andere: Pipers, Gebrodys, Smugglers
2009
-
Ek het verhuis na Pretoria, einde 2008, en het begin sing, Januarie 2009 –
November 2009 by Mullets Pub.
Ek het vir 2 maande by Mountain View Sports Bar gesing.
Keg (Montana) het ook al van my gebruik gemaak. (Keg is nou CASTLE CORNER).
Ek het by verskeie ouetehuise opgetree al in Pretoria.
Ek was al ‘n karaoke “judge” by Hoofkantoor , asook Mullets pub.
Moutrock het ook al van my gebruik gemaak, 2 keer per week.
Oktober was ek Groblersdal toe (Visvang kompetisie),ek was enigste kunstenaar
wat opgetree het,
En dit was in Stywe Lynne tydskif geadverteer. – asook ‘n onderhoud met radio
rippel.
Ek wil baie graag by meer shows betrokke raak, dit is my
passie. Die groot rede hoekom ek van die Kaap na Pretoria verhuis het, is omdat daar baie meer geleenthede in die
musiekbedryf in Pretoria is. Die Kaap is meer engels, as ek dit so kan stel.