Soek    

Bravo!



Bravo!, Suid Afrika se nuutste klassiek-kontemporêre sensasie, is nou beskikbaar om by u geleentheid op te tree.

Bravo! het in 2009 ontstaan na hul in 2008 onder die naam Voices 'n ses maande kontrak met Romantic Corporate in Spanje voltooi het.  Hulle het op die eiland Menorca as 'n Il Divo-huldeblyk opgetree en het goeie opgang op die plaaslike toneel gemaak.  Bravo! is gevra om by feeste op te tree en is ook bo drie ander Il Divo-huldeblykgroepe uitgenooi om deel te wees van die Romantic Corporate Showcase DVD.

Mariana Malan van Die Burger het Bravo! in 2009 as haar gunstelinggroep uitgewys. 

"..Bravo doen (hulle) vir Suid-Afrika wat Il Divo vir Spanje doen, net baie frisser en meer opwindend."  (Sien aangehegte berig: "Mansgroepe maak sing-sing opgang met puik albums")

Bravo! spog met 'n wye repertoire bestaande uit ou bekendes en interessante nuwe verwerkings waaruit u kan kies om 'n unieke optrede wat u behoeftes pas te verseker.

Bravo! doen ook graag fondsinsamelings- en liefdadigheidsoptredes.

Bravo! het Ou Kersaand 2009 hul TV-debuut gemaak op die Kersprogram van die kykNET program, Reik Na Die Sterre, saam met Danie Niehaus, Voices of Angels, Monique Steyn en Michelle Veenemans.  Op 13 Februarie 2010 verskyn hul weer op Reik Na Die Sterre saam met Adamsappel en Three Tons Of Fun.  Die groep se musiek word gereeld op FMR, RSG, Radio Helderberg en Radio Tygerberg gespeel.  Hul eerste CD wat in Suid-Afrika versprei word is ABBA In Classical Style, wat tans goed doen in musiekwinkels.  Daar is nog 'n CD met Il Divo musiek wat opgeneem is voor hul Spanje toe is om daar aan toeriste te verkoop, maar ook hier by vertonings beskikbaar sal wees.

'n Bravo! vertoning duur tot en met twee uur, met 'n pouse ingesluit.

BRAVO! RÉSUMÉ

Bravo!, South Africa's latest classical crossover sensation is now available to perform at your function.

Bravo! started out in 2008 as Voices, when they were sent to Spain to complete a six-month contract under Romantic Corporate.  They performed 150 shows on the island Menorca as an Il Divo-Tribute.  There, Bravo! was invited to perform at festivals and was also favoured out of four Il Divo-Tributes  to be part of the Romantic  Corporate Showcase DVD.

Mariana Malan of Die Burger singled Bravo! out as her favourite male vocal group of 2009.

"..Bravo doen (hulle) vir Suid-Afrika wat Il Divo vir Spanje doen, net baie frisser en meer opwindend."  (Bravo is for South Africa what Il Divo is for Spain, only  more refreshing and more exciting!) 

Bravo! has a wide repertoire ranging from golde oldies through interesting new arrangements and guarantees a performance tailor made to your needs.

Bravo! also does fund raisers and charity concerts.

Bravo! made their TV debut as part of the Christmas episode of the kykNET program, Reik Na Die Sterre, starring with Danie Niehaus, Voices of Angels, Monique Steyn and Michelle Venemans.  On the 13th of February 2010 they will be featured again alongside Adamsappel and Three Tons Of Fun.  Their music is playlisted on a wide variety of radio stations e.g. RSG, FMR, Radio Helderberg, Radio Tygerberg.   Their local debut album,  ABBA In Classical Style, is now on sale in most CD stores across the country.  They have another CD filled with Il Divo music that was recorded for their Spanish audiences that is only available at shows.

A Bravo! performance lasts up to two hours including an interval.