Search:
  JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-pos
     
  Sel nr
     
Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie
  1 plus 3 + 2 = ?
 
Bookmark and Share
Soek     Exact Match


Riaan Grobler


Rippel 90.5fm se Riaan Grobler het reeds twee albums uitgereik, maar hy meen die derde een bied hom die eerste keer regtig die geleentheid om sy eie klank te vestig.

“Die vorige twee was deel van my groei en ontwikkeling. Daaruit spruit die jongste album; in baie opsigte ‘n spieëlbeeld van wie ek is en hoe ek voel – én hoe ek moet klink,” sê hy.

Riaan beskryf sy album Net hier by my as ‘n “stewige voorbeeld van volwasse Afrikaanse dansmusiek”, soos vernuftig vertoon op die huidige radiotreffer Was dit dalk te laat? Die lirieke maak dit ‘n liefdeslied oor verlore kanse, gepoets met hartseer. Maar die polsritme verander die liedjie in ‘n gewisse danstreffersorgeloosheid.

Riaan se energie is aansteeklik wanneer hy oor dié liedjie en die album gesels. “Dis dansmusiek met ‘n angel en glo my, wanneer jy dit hoor, sál jy wil dans – hetsy by ‘n sokkie of in ‘n klub.”

Die album ontgin kontemporêre dansritmes byderwets en verruim Riaan se aanhang by ‘n uiteenlopende gehoor. “Almal wat goedvoel musiek waardeer, sal hierby aanklank vind!” verseker hy.

Net hier by my is in Kaapstad deur die bekende regisseur Werner Beukes vervaardig. Die album bevat heelparty nuutskeppinge, uit die pen van Riaan en Werner en ‘n aantal stewige treffers deur die talentvolle liedjieskrywer Vaughan Gardiner.

Naas die oorspronklike nuwe werk, bied Riaan ook sy eiesoortige interpretasie van twee tydlose gunstelinge –Bles Bridges se Fight for love en Dana Winner se Droom van geluk.

“Ek is hier en hier om te bly,” beloof dié bedrywige verhoog- en blyspelakteur. (Daar’s ook TV-planne in die vooruitsig!) “My aanhangers gaan hierop jol. Dit is dansmusiek met tonne energie!”

 

       
Twitter
You Tube
Carnival City
Facebook
       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Kwikwap


Besoekers tot datum: 331 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap