“My liefde
vir musiek kom al van my kleintyd af, maar ek het eers die laaste vyf jaar
begin konsentreer op ‘n professionele musiek-en kunstenaars loopbaan. Voor dit was my fokus op die Gospel mark, wat
dan ook vir my ‘n platform geskep het om te fokus op die kommersiële Afrikaanse
mark.
Ek speel ook
graag kitaar en verskeie musiek instrumente en het ‘n groot liefde en passie
ontwikkel om my eie liedjies te skryf.
Hierdie jaar
was my liedjie HIER IS MY HART gekies as een van die twaalf wen liedjies van die
Tempo/Huisgenoot Liedjieskryf kompetisie”
Chereé het
besluit dat sy graag die liedjie by die kompetisie wil sing en ook by haar nuwe
CD te voeg.
Dit,
opsigself, was ‘n baie groot eer. Verskeie
van Semandie eie komposisies
word gereëld
op ons plaaslike radiostasie, BayFM, gespeel, waarvan twee liedjies al vir 15
weke op dié stasie se Top 5 Local Klanke genomineer is.
Hierdie
sanger-en liedjieskrywer, het al redelik bekendheid verwerk in die Oos-Kaap en
is gereeld in aanvraag vir optrede: Van
feeste tot troues en korporatiewe funksies.
In 2004 het Semandie ‘n Gospel CD opgeneem genaamd
EAGLE’S WINGS, waarvan 1000 kopieë in die Oos-Kaap verkoop is.
Liedjies
vanaf hierdie CD word ook gereeld op die plaaslike Geestelike radio-stasie,
Kingfisher FM gespeel. Die doel van
hierdie CD was nie gemik op die
kommersiële mark nie, maar wel vir geestelike redes. Dit het egter haar
horisonne verbreed.
Semandie het
ook die vermoë om in feitlik enige genre te kan sing, maar haar liefde lę by Country
musiek. Dit is ‘n genre wat haar stem
perfek pas. “Om te kan
sing en my eie liedjies te kan
skryf, is nie net ‘n passie nie, dit is ‘n leefstyl. My hele wese lę daarin vasgemessel.” Sy kry haar inspirasie by mense soos Laurika
Rauch,Nianell, Koos du Plessis, Eva Cassidy en natuurlik Dolly Parton, basies
enige Country musiek. “Musiek is ‘universal’, die een ding wat alle mense
bymekaar kan
bring!”
Semandie
droom en begeer al vir jare om musiek haar loopbaan te maak. Sy het
al by verskeie feeste opgetree en verhoë gedeel met van die groot
name in die Afrikaanse musiek bedryf.
“Ek wil ons land se mense vermaak
met liedjies wat die hart roer, wat jou voete laat jeuk en terselfder
tyd kan ek my
droom uit leef met die talent, wat God my gegee het, te
sing en liedjies te skryf.