Daar sal altyd musiek wees in ons huishouding. Daar was
nog altyd musiek in ons huishouding!
Ek speel reeds
sedert voorskoolse ouderdom keyboard en het ook dieselfde tyd begin met moderne
danse.
Op hoërskool het ek in ‘n twee-stuk
orkes opgetree en ook soms die kerkorrel gespeel.
Tydens hoërskool het ek ook begin met viool, kitaar, djembe tromme en sanglesse (ek het selfs die Idols
aangepak). Die keyboard het egter my hoofbelangstelling
gebly en ek het meestal slegs backing vocals gesing.
Toe
ek in 2006 vir die eerste keer 'n liedjie solo gesing het tydens 'n optrede in die twee-stuk orkes het die gehoor se
positiewe reaksie duidelik getoon dat ek 'n sang
talent het.
Ek
het toe meer begin konsentreer op my sang en het in 2007 deelgeneem aan 'n plaaslike sang-stem kompetisie en
derde plek behaal. Ek het in 2008 weer aan 'n talent
kompetisie deelgeneem en weer deurgedring na die finale rondte. Ongelukkig kon ek nie die eindronde bywoon nie en moes ek
van die kompetisie onttrek.
Ek
het vir ‘n aantal jare opgetree in ‘n tweestuk orkes asook in ‘n 5-stuk orkes, waartydens ek gesing het en die keybord bespeel
het. Ons het gereeld opgetree by
troues, jaareindfunksies, danse en vertonings. Ons het ‘n verskeidenheid van Rock, Blues, Pop, Afrikaans en soms Latin en
Jazz, afhangende van die aanvraag
en geleentheid, uitgelewer. Ek het die orkes opgegee toe ek besluit om my energie te bestee aan die opname van my
1ste CD, bygestaan deur my man, Charl,
wie die kitaar speel.
Die
ontwikkeling van my sang oor die laaste paar jaar, die suksesvolle optredes en positiewe kritiek van die publiek, gee my die
vertroue dat ek gereed is om 'n sangloopbaan te begin.