Soek    

Juan



Juan is in Richardsbaai aan noordelike kus van Kwazulu Natal gebore en het groot geword in Meyerton, waar hy die Laerskool Dr. Verwoerd bygewoon het en gematrikuleer het aan die Hoërskool  Dr. Malan.  Van jongs af beoefen hy sy passie vir die verhoog en musiek deur aan die skoolrevue deel te neem en in te skakel as voorsanger by sy gemeente.  Juan studeer Teologie by RAU (UJ) en aan die Teologiese Kollege van die AGS, waar hy ook op die studenteraad dien.  Op universiteit neem hy deel aan konserte, musiek, drama en dans, wat nog een van sy passies is.  Juan het �n hart en �n passie vir jongmense, en om hulle by te staan met innerlike en emosionele genesing.  Dit is ook belangrik om jongmense te help en motiveer om hulle volle Godgegewe talente en potensiaal te ontwikkel.

Sy droom en passie het begin toe hy na die lewensverhaal van �The Judds� (�n Country sanggroep) gekyk het.  Juan het begin ervaar dat daar meer in die toekoms is vir hom en het begin sanglesse neem in sy etenstyd.  By �n 50ste verjaardagpartytjie het hy karaoke gesing, en 1 liedjie het vinnig 5 geword, en daar het hy geweet dat dit is wat hy wil doen.  Juan het �n diep verhouding met God en wil graag doen wat God aan hom gee om te doen.  Hy sê egter dat met God as sy eerste liefde, is sy passie vir sing soos die beste uitvinding �since sliced cheese�.

In Feb.�09 neem hy deel aan �n talentjag kompetisie by Sance�s waar hy 2de prys verower.  Daar het hy ook vir Francois Storm ontmoet en het saam met hom begin �open mic� sing. Tans bied hy self die �open mic� aan by Sance�s waar daar ook aan ander jongmense die geleentheid gebied word om hulle talent uit te leef en ook hulle selfvertroue te bou.

Hy het in die afgelope jaar opgetree by plekke soos Hillfox, Leeuplaas (Heilbron), Hatfield, Grootvlei, J & B�s, Club Mykanos, Stonehaven en die Cocktail Lounge.  Hy tree ook op by talle kerke.  Hy het onlangs deelgeneem aan �n vertoning in Balito, Natal.  Juan het die voorskou vir die band, �Cuba� gedoen, en beskryf dit as: �Wat �n show!�   Hy sal ook te sien wees vanaf die 18de tot die 20ste Desember by �Opi shack�-musiekfees.  Intussen is sy talent opgemerk en is hy nou tans besig met sy eerste Cd-opname.

Hy vind sy inspirasie vir skryf in die stil tye tussen sy vier mure waar hy net homself kan wees en dinge oor die lewe tussen hom en God kan uitklaar.  Hy bestudeer graag die skryfstyle van ander kunstenaars ook, maar glo daarin dat jy nie iemand anders as net jouself kan wees nie.

Hy skryf sy sukses toe aan entoesiasme, ondersteuning, harde werk, uithouvermoë en haal graag John Maxwell aan: �Sometimes prospects may seem dimmest just when they�re on the turn.  A little more persistence, a little more effort, and what seemed a hopeless failure may turn into a glorious success.�

Hy gee al die eer aan die Here vir sy talent, en is dankbaar om iets te kan teruggee aan die gemeenskap.  Hy sê ook dankie aan sy familie, vriende en �fans� vir hulle ondersteuning.