Vir
Joe F van Pretoria, gaan sy optredes oor die gehoor - nie die kunstige ego nie.
"In my show speel ek nie net my eie musiek nie, en speel ek ook nie net
Afrikaans nie," sę die talentvolle musikant. "Ek meng dit alles saam
om 'n uitstekende show te bied. En juis daaroor koop mense die CD en wanneer
hulle my weer sien, vra hulle vir my liedjies "
"Ek doen musiek in Afrikaans, wat nie noodwendig dieselfde beteken as
Afrikaanse musiek nie," verduidelik hy met 'n stout glimlag in sy oë.
"Die Afrikaanse mark is só versadig en ek wil dinge 'n bietjie anders
aanpak. Ek is ook nie maar net nog 'n ou met 'n kitaar nie - daar's genoeg van
hulle! Maar ons is ook nie heeltemal 'n groep nie.
Joe F is al 'n paar keer om die blok. Ná skool het hy vier diplomas verwerf by
'n private kollege: in koordirigensie, klankingenieurswese, uitvoerende kuns en
onderwys. Daarna het hy aangesluit by die groep Love You So.
"Dit was pret," sę hy. "Ons het vir drie maande met Steve
Hofmeyr getoer en ek het sommer baie geleer deur hom in aksie te sien. En
natuurlik met daai lang gesprekke in die bus! Steve het my geleer hoe om 'n
show aanmekaar te slaan, en ook vir my die beste raad van my loopbaan gegee:
Hou net aan skryf. Eendag sal jy 'n treffer hę."
Joe is ook 'n bekwame liedjieskrywer, en dis juis hier waar sy ware ambisie lę:
"Ek het liedjies vir die groep geskryf. Een is toe ook opgeneem deur die
Alabama-groep van die Potchefstroomse Universiteit. Ek kry vandag nog tantieme
daarvoor!" Joe skryf ook vir ander kunstenaars soos Rudi Muller en Pieter
Koen se “Skud jou biscuit”.
"Maar so paar jaar gelede het ek besluit ek is moeg daarvoor om soos Abba
te lyk, en het op my eie gegaan en die laaste paar sente wat ek gehad het
gebruik vir die opname van 'n CD. Vir die eerste jaar het ek alleen gesing,
maar dit het eenvoudig net te veel geraak. Toe kry ek 'n kitaarspeler aan boord
om dinge 'n bietjie op te kikker en nou het ek die band wat my ondersteun.
Deesdae is Joe F al amper oral in Suid-Afrika te sien. "Ons speel by klubs
en kroeë dan is daar nog die feeste en karnavalle. Ons speel sommer oral. Ek
dink nie daar's iemand daar buite wat regtig kan sę hy's te belangrik vir 'n
show nie."
Met n naam so opvallend soos sy lirieke, is Joe F alweer besig om musiek te
maak wat Suid-Afrikaners gaande het. Hierdie keer gee hy woema aan die
rock-węreld met sy splinternuwe album, Rock My Węreld, en die treffersnitte
“Hoe Voel Jy Oor My?”, “Goeienaand Majoor” en “Verdrink”. Met die naam wat
gehore leer ken en voor lief geraak het, is Joe F reeds twee stappe voor die
kompetisie met sy nuutste album.
Getoë in Pretoria, Joe F is n gevestigde en welbekende Suid-Afrikaanse
kunstenaar. Sy gawe om sy gehoor te lees is wat gelei het tot sy reputasie
as ‘n man wat weet hoe om musiek te maak. Hy is ten minstse twee maande
vooruit volbespreek en met die uitreiking van Rock My Węreld is
sy aanhangers nie teleurgestel nie, aangesien dit soveel meer bied.