Soek    

Juanray



Juanray sing reeds vanaf 7-jarige ouderdom en het verskeie toekennings ingepalm.  Hy het nie 'n rolmodel nie, want (hy glo) niemand is soos iemand anders nie! Hierdeur bou hy aan sy eie loopbaan met sy eie persoonlikheid en druk sy eie stempel af in die musiekbedryf. 

Met sy ingebore passie vir musiek en sang gaan hy nog diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf asook teaterverhoë trap.

Om Juanray te bespreek - kontak ons gerus per epos.