Soek    

Raldu



Van vroeg af in my lewe was die belangstelling groot in die musiek bedryf, maar tyd het my vervreem daarvan. Ek het gekwalifiseer as 'n elektrisien en my opgewerk na onderhouds bestuurder,waar ek genoegsame fondse gespaar het om my droom te verwesenlik. In Oktober 2008, het ek begin met die aankoop van toerusting,waarna ek vir klein groepies mense begin optree het. Dit het die vlam in my net sterker laat brand,en het ek my fisier ingestel,om 'n sukses van my lewe te maak. Met die opname in Januarie 2009, het ek besef ek het 'n steil en opdraande pad wat voorlê,omdat die musiek bedryf 'n baie kompeterende bedryf is, en elkeen van ons kunstenaars vir hom of haar 'n plekkie in die son wil verseker. Maar my droom sou ek nie laat los nie. Met my oog op nuwe en vars oorspronklike liedjies, was ek hartstogtelik opsoek na 'n skrywer, en deur hulp van vriende het ek dit toe reg gekry om 'n skrywer te ontdek, wat reeds 'n ritselling liedjies vir my bymekaar gemaak het, wat ek tans besig is om op te neem.


'n Bietjie meer oor die eerste album: Dit was 'n album vol gemengde gevoelens, wat sou ek sing en gaan die mense daarvan hou? My antwoord was maklik, sing waarvan ek hou, 'n keuse van musiek soos uit die pen van Fredi Nest seker die beste liedjie skrywer in SA. Ek bewonder hom baie, Kurt Darren en Ray Dylan, en twee liedjies van Eden. Ek het nog een liedjie gekort, wat sou dit wees? Die een groot een wat kort, en twee dae voor die finale opname,speel die liedjie "Lapaside" gesing deur Elisma Teron,en ek besef,dit is die een wat kort. Met net twee dae oor om die liedjie te leer en te oefen,was ek onseker of dit gaan werk of nie, maar ek het voort gebeur en die liedjie op geneem, en dit ook die titel van my debuut album gemaak. En nou wil ek net leef om te sing, dit laat die bloed in my are sommer dik pomp, as ek net kan sing. Sing is my lewe, en mense is waaroor alles gaan, 'n glimlag op 'n gesig of iemand wat saam sing, laat my besef, ek het in my doel geslaag. 

Geniet die beste van Raldu Vale,as hy sy gunsteling afrikaanse treffers sing, Afrikaans, my taal, my trots.

Optredes:
Nuwejaars optrede vir privaat funksie
Plaaslike optredes in Polokwane by byeenkomste vir welsyn organisasies Optredes saam met kunstenaars soos JC en Karlien Husselman
Eerste cd opname in Januarie 2009 en vrystelling 25 Mei 2009
Besig met vervaardiging van nuwe cd met oorspronklike liedjies,maar sal eers 2010 beskikbaar wees.
Vertoning in Polokwane vir plaaslike publiek 25 junie 2009
Optrede 11 Julie 4 x 4 dag LA Sports as aanbieders
Bespreekte vertoning by Abraham Kriel Kinderhuis vir hul 50ste herdenking 24 Julie 2009