Soek    

Cecily



Hi daar !!!!

Ek is Cecily, woonagtig te Struisbaai sedert 1997, gebore in die Kaap, lus vir die lewe en gaande oor sing. Op skool, was ek ‘n goeie atleet, en moes tuisskool onderig ontvang, aangesien die naaste skool in Bredasdorp is. Vir 11 jaar het ek ballet gedoen, maar dit verruil vir ‘n stel dromme en sing.
"My eerste liefde is Afrikaanse musiek".

Ek het ‘n tweeling broer en suster, my pa is ‘n predikant en my ma ‘n huisvrou. Van kleins af het ek‘n passie vir musiek en altyd met ‘n tamboeryn in die hand gestaan of klip hard in die kamer gesing. Op 16 jarige ouderdom moes ek skoolgaan en werk om geld in te samel vir my eerste CD. My eerste CD is vrygestel in 2007 getitel ‘N KUSDORP MEISIE!!!

Deurgans het ek al aan baie kompetisies en feeste deelgeneem. In 2008 met die Wes-Kaapse Performing Arts het ek ses medaljes in verskillende kategorieë verower. Dit was vir my ‘n hoogtepunt, want ek is gekies vir die SA Perfoming Arts te Rustenburg om daar deel te neem teen duisende ander deelnemers . Ek het ‘n goue en silwer medalje verower en is toe gekies vir die SA span om Los Angeles toe te gaan.

By die KKNK het ek al by verskeie verhoë opgetree; ondere andere het RSG my al 2 keer genooi om op hul verhoog op te tree. Dankie RSG dat julle nuwe kunstenaars altyd ‘n geleentheid gee. Dit is vir my ‘n asemrowende gevoel om op ‘n verhoog te staan en mense te vermaak. Jy kan dit eenvoudig aan niemand probeer verduidelik nie. Ek wil dit vir niks in die werêld verruil nie.

Ek geniet dit baie om op die pad te wees met feeste en vertonings, want dit is tog my droom, maar ook is dit ‘n bonus om in my eie bed te kan slaap na ‘n aand se vertoning.

My nuwe CD word vrygestel by die KKNK 2009 getitel DOEN DIE DING!!!!! Hierdie CD gaan ons land met ‘n “BANG” tref. Ek glo my nuwe CD gaan ‘n groot treffer onder jonk en oud.wees. Op my nuwe CD is daar 9 liedjies wat ek self geskryf het.

Om te sing is my lewe, en wil dit my hele lewe lank doen. Ek nooi julle almal om saam met my hierdie lewenspad te stap en al my drome waar te maak.

MY STOKPERDJIES: "Scrap booking" om te ontspan

GUNSTELING KOS: Calamari steak 

GUNSTELING NAGEREG: Pepperment tert

GUNSTELING TV PROGRAM: 7de laan

GUNSTELING KLEUR: Blou

ROL MODEL: Juanita du Plessis