Soek    

Bennette



2005
Hierdie 20-jarige jongman begin eers in 2005 aan 'n paar plaaslike en nie-plaaslike kompetisies deelneem. In April neem hy deel aan die SA Kampioenskappe vir Performing Arts, waar hy 'n Brons medalje ontvang.
Later in dieselfde jaar neem hy deel aan Cresendo waar Joe Niemand die beoordelaar is en behaal 81% met sy weergawe van Nicolas Louw se liedjie "Ek's nog hier". Hy neem ook deel aan Tahila by Radio Kansel 2005 waar Lenor en Con Uys beoordelaars is. By Lenor kry hy 85% en by Con 88%.

2006
In 2006 neem Bennette weer deel aan die SA Kampioenskappe. Anton Bouwer bied die Ster Stem/Star Voice Kompetisie aan, waar Bennette onder die Top 12 eindig. Die Top 12 word ook die volgende jaar as toergroep by feeste gebruik. Hier's net 'n paar plekke waar hy as deel van die groep opgetree het:

Johannes Stegman Teater
Paddadorsfees op Vrede
Reenboogfees op Piet Retief
Inni Bos te Nelspruit waar hy ook 'n "Life Interview & Song" kry met Radio Laeveld.

Aan die einde van 2006 neem hy deel aan die Willie Marais Afrikaanse Sang Kompetisie te Pretoria waar hy 'n 2de Plek kry met sy weergawe van Kurt Darren se "Die Verloorder". Hy word hy ook by die plaaslike Sangskool in Ermelo aangewys as die beste afrikaanse sanger van die jaar en ontvang die ATKV-wisseltrofee vir 2006. Bennette tree in 2006 asook 2007 op by die plaaslike Appelfees & Wolskou te Ermelo.

2007
In 2007 tree hy April op by Die Aartappelfees op Bethal en later in Mei by Die Sasolsangfees op Secunda Stadion.

2008
Augustus 2008 tree hy op by Die Gemsbokfees te Laerskool Menlo Park, waar Steve Hofmeyr hoofkunstenaar is en in September neem hy weer deel aan die Megastars kompetisie en gaan deur na die finale rondte wat op 1 November plaasvind.