Search:
  JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-pos
     
  Sel nr
     
Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie
  1 plus 3 + 1 = ?
 
Bookmark and Share
Soek     Exact Match


Christoff


Christoff is 'n nuwe opkomende sanger wat besig is om vinnig naam te maak vir homself. Verskeie van sy liedjies word alreeds landswyd oor 9 radiostasies gehoor en vind goeie aanklank by luisteraars.

"Kaalvoet deur my drome" is tans sy tweede album wat "Ek En Jy" opvolg. In 2002 raak hy betrokke by 'n organisasie wat Eleos genoem word en hy raak so verdiep in die die daaglikse swaarkry van mense dat hy vir hulle 'n eie liedjie skryf en daarmee fondse begin insamel om 'n bydrae te maak om diè te help wat dit regtig nodig het. Hy vul die album aan met nog nege oorspronklike liedjies, maar die album sien nooit die winkelrakke nie.

Aan die einde van dieselfde jaar word hy aangewys as die algehele wenner van ATKV se Afrikaanse Idols. Hy wen die kompetisie tussen duisende met en van sy eie liedjies "Ek en Jy". Weereens moet hy met tweede beste tevrede wees en groot beloftes aan hom realiseer nie. Dis 'n moeilike bedryf en hoe meer hy dit besef, hoe harder begin hy werk.

In 2007 skryf hy 'n volgende album met 12 liedjies uit sy eie pen. Die album verdien die naam "Kaalvoet" omdat alles uit die hart kom en reguit in die gesig val. Sonder maskers en voete met skoene aan. Die grondpad wat hy moes loop word duidelik gehoor as 'n mens na die liedjies luister.

Met die album kan mense baie nou in kontak kom met hulself. Christoff deel gereeld die verhoog saam met van die grootste name in die bedryf soos Bok van Blerk, Die Broers, Karlien Husselman, Shine4, Eden, Robby Klay, Ray Thomas, Clive Bruce.

Wanneer hy nie weggevoer word deur musiek nie, boer hy voltyds en leef na aan die natuur met 'n onversadigde liefde vir perde. Christoff woon in 'n klein dorpie in Mpumalanga, Delmas.
       
Twitter
You Tube
Carnival City
Facebook
       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Kwikwap


Besoekers tot datum: 291729 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap