Soek    

Sybrand



Gebore in die Rose Stad, Bloemfontein, opgegroei in die Fabrieks Dorp, Sasolburg, die liefde van sy lewe ontmoet en getroud te Alberton en nou woonagtig in die Hartebeespoortdam area. Is al welbekend onder die Afrikaanse
gemeenskap .

In November 2007 het hy sy eerste debuut album � `n Nuwe dag� bekend gestel.. Op die album is sy eie werke soos: �`n Nuwe Dag; Weet Jy (`n lied vir sy vrou geskryf); U is my Koning ( Lofpryssing & Aanbidding); You are( Kontemporêr); Niks sal my Ontbreek Nie ( ATKV Gedig getoonset). Dan is daar ook unieke verwerkings van ou bekendes: � Houtkruis; Sweef soos `n Arend; You Raise me up... En nog vele meer�

Sybrand se styl kan gedefinieer word as Kontemporêre Christelike Musiek met `n definitiewe Ewigheids waarde. Sy musiek praat met elkeen wat lief is vir musiek en hou van iets nuuts tog prakties. Hy het reeds meeste van die musiek vir sy volgende produksie klaar geskryf.

Met die Akoestiese Kitaar en Mikrofoon, leef hy sy passie en lewenslus ten volle uit, hy glo in die �Less is more� & � Just Be Real� beginsel. Met sy unieke stem en kitaar spel het menigte gehore hom al geniet . Maar moenie geflous word met die kitaar nie, want Sybrand geniet dit om soms die �Trax� uit te haal en nog verder in`n nuwe demensie sy musiek aan gehore te bied. Hy sien homself as`n Bedienaar en nie `n Superster nie. Die plekke waar jy Sybrand sal vind optree is by: Kerkdienste, Kampe, Troues, Feeste en waar die Heer hom lei om te bedien. Sybrand het al saam met verskeie bekende Christelike Kunstenaars die verhoog gedeel en ook in 2008 by Die Grootste Afrikaanse Treffer Musiekfees in Centurion die verhoog gedeel saam met bekende name soos Nadine, Warren Elliot, Bobby van Jaarsveld en nog vele meer!