Soek    

Jeandre



 

Jeandré is van die Wes-Kaap. Deur die jare het sy by verskeie feeste, oggendtee's, teaterrestaurante, skoue, fondsinsamelingsprojekte, danse en funksies opgetree. Sy sing ook by troues, begrafnisse, ouetehuise, kerkbasaars, verjaarsdae en privaat funksies as die geleentheid hom
voordoen.
 
Sy het al die verhoog gedeel met onder andere kunstenaars soos: Zak van Niekerk, Steve Hofmeyr, Wikus van der Merwe, Jackie Louw, Bobby van Jaarsveld, Fredi Nest en Kambro.
 
Jeandré betrek haar gehoor en het 'n lewendige geaardheid. MupSA beveel Jeandré aan vir enige besprekingskliënt. Sy het baie selfvertroue en die gehoor is absoluut gek na haar. Sy maak haar gehoor een met haar optrede!
 
Vir verdere inligting en/of besprekings kontak: Susan by 083 287 3568 of susan@mupsa.co.za