Soek    

Wilha



Wilha is 22 jaar oud en woonagtig te Durbanville, Kaapstad. Hy het besluit om sy passie uit te leef, en dit is sang. Hy tree gereeld by feeste, skoue en korporatiewe geleenthede op.Hy was ook onlangs genader om op die Simfonia Plesierboot mense te vermaak.
 
Sy musiek vind aanklank by enige gehoor, van oud tot jonk. Hy sing musiek uit die jare 70's en is ook ewe gewild met sy afrikaanse vertolkings van Ray Dylan, Nicholis Louw en Kurt Darren se treffers. Hy laat die vrouens nader staan wanneer hy met sy unieke stem ballades vertolk wat jou hart se snare raak.
 
MupSA kan hierdie sanger met groot vrymoedigheid aanbeveel. Hy sing sy hart uit vir die gehoor en Wilha geniet dit terdeë om op te tree. Hy het �n aangename persoonlikheid en hy betrek sy gehoor met sy optredes.
 
Vir verdere inligting en/of besprekings kontak: Susan by 083 287 3568 of susan@mupsa.co.za